Ingwe nog gesien Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 October 2013 23:12
Untitled Document

Jimmy Brummer van die Dinokeng Groot Vyf Natuurreservaat skryf:
U het in Augustus ‘n berig gehad van ‘n leser dat die luiperd wat in Dinokeng losgelaat is, nou soek is of dat die sein weg is. Die feite is dat die sensor op die dier nie meer seine uitstuur nie, maar dat hy nog van tyd tot tyd gesien word en dat hy nog in ’n goeie toestand is.

Dankie vir u puik tydskrif en hoop dit was ‘n lekker verjaar-maand.

Ingwe is die luiperd wat in Oktober 2010 op Mooiplaats aangekeer is en daarna ‘n wortelkanaaloperasie by Onderstepoort gekry het voor hy in die Dinokeng-natuurreservaat vrygelaat is waar hy in ‘n 18 500 ha gebied kan jag. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger