Antwoord op '?Eis verskoning?' Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 17 November 2013 20:39
Untitled Document

Ben Geyer van Mooikloofrif skryf:
Ek antwoord die brief, ‘Eis verskoning’, deur Dries Herbst van Bashewa. Ek wil graag die bogenoemde meneer korrigeer in sy skrywe in Die Bronberger van Oktober. My brief het gehandel oor stropery, nie oor jou nie.

Ja, ek is ‘n Mooiklower en van 1 Oktober 2013 woon ek in Mooikloofrif; dit is oorkant Mooikloof as jy nie weet waar dit is nie, en ja, ek is Ben Geyer, as jy wil weet. Ek het gelukkig nie nodig om in stofpaaie te paradeer op soek na bourommel nie; ek ry hierdie paaie met my fiets en so sien ek wat aangaan in die gebied.

Gelukkig is ons mense van Mooikloof nie behelp met status nie en ag ons onsself nie beter as ander nie. Vir jou en jou moeilikheid is ek nie bang nie. Niemand het jou ‘n dief genoem of jou beskuldig van stropery of jou voertuignommer, -maak of -model bekend gemaak nie.

Niemand het geweet wie jy is nie, maar nou weet almal wat Die Bronberger lees wie jy is.

Jy eis ‘n verskoning – wat ‘n vermetelheid. Ek dink werklik jou brief val in swak smaak en hoort nie in Die Bronberger nie. Hoekom nie eerder ‘n beskaafde regstelling op iemand anders se brief in die media plaas nie, soos wat gedoen is in die geval van die mynbestuurshuis se hekke te Cullinan wat verwyder is vir veilige bewaring?

Hiermee volstaan ek met my korrespondensie ten opsigte van die aangeleentheid.
Brief verkort. - Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger