Onder ons neuse Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 January 2014 22:00
Untitled Document

Magda Roberts van Cullinan skryf:
Baie interessant is dat ons drie baie groot proteaboere reg hier in Cullinan het. Een van die boere het 'n wit protea wat in die Kaap uitgesterf het, en die Kaap se mense het hom kom sien en gevra of hulle die protea weer kan terugneem Kaap toe.

Daar is ook een van ons land se grootse bolplant-produsente hier, asook ‘n baie groot inheemse kweker. Ons, Cullinan NG Gemeente Premiermyn, beplan ‘n Chelsea blommeskou met verskeie ander plantstalletjies (kwekers in en om Cullinan), kosstalletjies, vars produkte en kompetisies op 21 en 22 Maart.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger