Fietsryers moet bane bou Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 27 February 2014 23:09
Untitled Document

Francois Breytenbach van Bashewa skryf:
Na aanleiding van verskeie briewe oor die selfsugtige gebruik van ons paaie deur fietsryers, graag my opinie. Openbare paaie is gebou om te gebruik sodat jy jou bestemming kan bereik en om goed te vervoer.

Vir daardie doel het fietsryers en voetgangers die reg om die pad te gebruik. Nie om jou sport te beoefen nie, soos wat baie fietsryers en drawwers doen en dan partykeer op van die gevaarlikste gedeeltes van ons paaie.

My sport is motorresies. Jy moet sien hoe vinnig sluit hulle ons toe as ons dit op ons openbare paaie probeer toepas. Dit is hoekom ons renbane gebou het vir daardie doel.

Fietsryers en drawwers kan gerus vir hulle ook sulke bane bou om hulle sport te beoefen.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger