Dankie, Vreethans Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 March 2014 11:50
Untitled Document

Magda Schmidt van Coffee Café in Rayton skryf:
Eerstens wil die bestuur van Coffee Café Die Bronberger bedank vir 'n puik tydskrif. Julle het ons gehelp om vinnig deel van die gemeenskap te word. 

Nou die rede vir hierdie briefie: Ek kyk gereeld na programme op TV waar restaurante geëvalueer word, maar het nooit gedink dit sal ooit met ons in Rayton gebeur nie.

Baie dankie vir die waardevolle besoek. Baie dankie vir eerlike en reguit kritiek. 

Verder wil ek ook die gemeenskap van Rayton, Cullinan, Kleinfontein en omgewing bedank vir julle ondersteuning ook deur die tandekry probleme.

'Vreethans' (wens ek het jou en metgesel se naam geken), weereens baie dankie vir julle artikel. Nou gaan ons werk aan die grysheid en die Britse aksent.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger