Ons was verskriklik lief vir haar Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 March 2014 11:54
Untitled Document

Fred en Miems Nelson van Olympus skryf:
So ‘n paar maande gelede het ek ’n brief aan Die Bronberger geskryf om ons situasie te verduidelik . . . oud, afgetree, sendingpaar, groot werf op plotte, en vir die lesers gevra of hulle nie ’n groot hond het wat hulle vir ons kon laat kry vir ekstra beskerming op die plotte nie.

So ‘n week of wat later kry ons toe die pragtigste opregte Boerboelmeisie van so vyf/ses jaar oud . . . slim, fantastiese persoonlikheid, baie sterk en net ‘n uitstekende geskenk. Ons was verskriklik lief vir haar.

Iemand “wat glo weet” het vir ons gesê om haar te laat “regmaak” as ons nie met haar gaan teel nie.

Hulle kry glo maklik kanker in die voortplantingsdele. So gehoor, so gemaak. Ons neem haar toe op ‘n Maandagoggend vroeg na die DBV toe en sou haar die volgende dag vroeg weer kon gaan haal. Half agt die volgende dag skakel die veearts ons om ons mee te deel dat sy nie uit die narkose teruggekom het nie, want sy het negatief daarop gereageer.

Nou? Weer sonder hond, of erger, sonder vriend, ja selfs sonder ‘n familielid, want sy het saans by ons in die slaapkamer geslaap.

Ons mis haar verskriklik en wil baie graag weer so ‘n maat vir ons op ons oudag vertroetel en op die plot hê.

As daar dus iemand in ons kontrei (Olympus) woon wat kan of wil help, hier is my nommer: 
071-401-7663 en Miems: 072-418-7470.

By voorbaat dankie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger