Bronnie is uitstekend Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 April 2014 23:42
Untitled Document

Dr Attie Snyman van Garsfontein skryf:
Baie geluk met ‘n uitstekende tydskrif! Ek mis nooit ‘n uitgawe nie, al moet ek spesiaal ry om ‘n Bronberger te gaan soek. Die inhoud is baie interessant en netjies versorg. Ek geniet die historiese artikels die meeste.

Daar is nog twee artikels waaroor geskryf kan word, naamlik Kolonel John Blake, ‘n Ierse Amerikaner wat in die Anglo Boereoorlog aan Boerekant geveg het. Hy was ‘n uitsonderlike karakter en opgeleide militaris (West Point) en het ook teen die Apaches in Arizona geveg. Dan is daar ook die kleurryke Fritz Duquesne.

Die uil in die Snymans se Garsfontein-tuin

Iets anders. Hier is twee foto’s van ‘n skotsuil wat ek en my dogter, Sumari, in ons tuin in Garsfontein geneem het. Dit is byna ongelooflik dat ‘n mens hulle hier in ‘n digte woongebied sien waar hulle hul tuisgemaak het. Dit lyk of die uil mense gewoond is, omdat hy ons toegelaat het om lank na hom te kyk en foto’s te neem.

Jy is welkom om op ons webtuiste, www.bronberger.co.za, te gaan kyk. Ons het in Januarie 2013 ‘n artikel oor Frederick (Fritz) Joubert Duquesne gedoen. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger