Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 April 2014 23:43
Untitled Document

Chris Moolman van Kleinbrakrivier skryf:
Ek vertrou julle het nog ‘n gemeenskapsdiens vir 50-jarige reünie-nuus. Ons 1964 garde is nou ‘n klomp afgetrede leeglêers, by wyse van spreke.

Al die e-posse kom terug omdat die mense sedert die laaste reünie, in 2009, afgetree het en ek net hulle werk-adresse het. Mag ek op my knieë staan vir een of ander kennisgewing in julle gesogte publikasie om die klomp leeglêers te probeer opspoor?

Hulle is die 1964 matrieks van Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. In kort AHS of sommer Rooies in die omgangstaal.

Ons wil die 50-jaar reünie op 11 Oktober hou en ek, as koördineerder, sal dit hoog waardeer om van die verlorenes te hoor. My naam is Chris (Molie) Moolman. My e-pos is This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it en my selnommer is 082-928-9024 en vir die slakkeposgebruikers: Posbus 335, Kleinbrakrivier, 6503.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger