Trots op Cullinan Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 May 2014 23:06
Untitled Document

Trotse Cullinan-bewoner skryf:
Ek lees met groot genot die brief van EM Bronkhorst van Marble Hall, waarin hy/sy teleurstelling uitspreek oor Oaklaan in Cullinan.

Weet jy, dit kos een vrot suurlemoen om ‘n pakkie te "spoil". Dit is tog so jammer dat dit altyd die suurknolle in die lewe is wat eerste na die pen gryp.

Ek is van Cullinan en woon al 24 jaar hier en ons is trots op ons laan. Ons "eentonige dieselfde winkeltjies" is verfrissend. Die mense geniet dit om ure in elk van die winkeltjies te spandeer en elke kunsstuk te bekyk en te besnuffel.

Elke stukkie is gemaak deur iemand wat iets dieper as net die oppervlak sien. Elke lyntjie van verskillende gehalte is met liefde deur iemand wat iets wou vertel, gemaak. Dit is vir ons om te wonder wat die persoon vir ons wou vertel. As jy enigsins kuns in jou gehad het sou dit jou belangstelling geprikkel het.

Na my gesnuffel is dit lekker om te gaan sit en ontspan in die sogenaamde "side-line" teetuine en die mense dop te hou. Is dit nie wonderlik om te sien hoe ‘n stukkie koek of kos wat deur ‘n hardwerkende "chef" gemaak word 'n glimlag op 'n suurlemoen-gesig sit nie?

Ek dink, kom ons gee elke Cullinan winkeltjie, "skilder shop of side-line teetuin" sy plekkie in die son.

En meneer/mevrou suurpruim, as Cullinan nie na jou smaak is nie, voel vry en besoek die plekkies wat 'n glimlag op jou gesig gaan sit.

Cullinan, hou so aan. Goeie kompetisie was nog altyd goed en dit bring 'n goeie standaard.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger