Vriende loods veldtog om Graeme te help Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 20 May 2019 10:00
Untitled Document

‘n Fondsinsamelingsveldtog vir Graeme Clayton het vroeg in April in Faerie Glen afgeskop. Dié kranige sportman moet dringend ‘n duur rugoperasie kry en hy het nie ‘n mediese fonds nie.

Graeme het al baie lank erge rugpyn en is onlangs met rugwerwel-probleme gediagnoseer. Vog het tussen sy L4/5 werwels opgebou en dit druk teen sy ruggraat, wat na onomkeerbare, langtermyn skade kan lei.


Graeme Clayton

Vriende het bymekaargekom en die ‘Big-G’ veldtog se eerste fondsinsameling by Craft Exchange Venue in Faerie Glen gehou. Kunstenaars soos Nic Dinnie, Jacques Mouton, Catharibna, Dylan Live en La Sobra het opgetree.

Daar is R18 000 ingesamel, maar R250 000 is nodig vir die operasie. Die fondse wat ingesamel word, gaan ook moet help met daaglikse uitgawes tot Graeme ná die operasie weer op sy voete is en ‘n inkomste kan verdien.

As jy deel wil word van die ‘Big-G’ veldtog, besoek www.big-g.co.za.

 

© 2024 Die/The Bronberger