Dankie vir ondersteuning Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 July 2010 10:51
Untitled Document

Daleen Botes van die Paul Jungnickelhuis skryf:
Baie dankie vir almal se ondersteuning met die Nickel Wintermark. Dit was lekker om soveel bekende gesigte van die mense in ons omgewing te kon sien by die mark. Dankie dat Die Bronberger ’n verskil maak aan minder bevoorregte mense se lewens.

Let asseblief daarop dat ons kontakbesonderhede verander het. Na vele kabeldiefstalle waar ons in 11 tale moet aanhoor dat Telkom nie geld het om die lyne te vervang nie, skakel ons nou na ’n koordlose stelsel oor.

Ons nuwe telefoonnommer is 012-940-0221 en ons faksnommer is 012-940-8707.

Ons vra om verskoning vir die oproepe wat die publiek dink onbeantwoord gelaat is, maar die foon het nooit by ons gelui nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger