Net ?n waarskuwing Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 July 2010 10:53
Untitled Document

’n ‘Ou Maplotter’ skryf:
Net ’n klein brokkie nuus, of waarskuwing? Ons almal lees deesdae Die Bronberger en dink almal is nog eerlik veral in so ’n mooi, lekker tydskrif. Jul vorige uitgawe was vir my nogal baie interessant oor wat jy nodig het om ’n plot te hê.

Veral as dit by snywerk en kragopwekkers kom. Wel om ’n lang storie kort te maak, ons almal is al deur die kragprobleem, en toe ek ’n advertensie sien vir ’n kragopwekker het ek dadelik op die foon gespring. Toe ek die kragopwekker begin uitsorteer en die battery is dood, dog ek wel, hy is nuut en sal seker net laai? Wel die battery is dood, so daar sal seker geen probleem wees om hul in te lig nie. Soos altyd is die eienaar nou dood en al wat die mense kan sê is: “Don’t shoot the messenger,” maar ons kan jou nie help nie.

Wel, volgende keer as ek ’n voertuig verkoop aan hulle en die battery is dood – wel, stoot maar. R800 later. Die masjien was ook vol olie en is al reeds gebruik – nadat ek duidelik gevra het of ek alles self moes insit. Maar dankie vir die half tenk diesel.

Toe ons die adverteerder probeer naspoor, het die briefskrywer onthou dat die advertensie nie in Die Bronberger was nie, maar in ’n ander publikasie gemik op hoewe-eienaars. -Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger