Viljoen gedenk-akker gestig Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 July 2010 10:58
Untitled Document

Ds Jan Viljoen, kapelaan in 1 Militêre Hospitaal, skryf:
Baie mense vrees deesdae vir hul veiligheid as hulle begraafplase besoek. Meer mense het vrede gemaak met verassing en baie kerke het ook al nismure. Nou het ons ’n Viljoen-akker by die Gedenktuin van die Voortrekkermonument geopen. Dit bestaan uit 24 nisse waarin daar elk twee persone se as weggelê kan word.

Die tuin is pragtig, gebou met natuurlike klip, en daar is ’n visdam asook rustige sitplek. Dit is ’n paar honderd meter noord-wes van die monument binne in ’n natuurreservaat en is veilig vir besoekers. Viljoens, ook die met die nooiensvan, kwalifiseer om ’n nis in die akker te bekom. Slegs 24 nisse is beskikbaar en enkeles is reeds geneem.

Alle Viljoens is afstammelinge van die Hugenote Francois Villion en Cornelia Campenaar, wat in 1676 aan die Kaap getroud is. Die Franse Villion het ver-Afrikaans na Viljoen. Daar was verskeie Viljoens onder die Voortrekkers. ’n Groot getal Viljoentjies rus in die Turffontein Konsentrasiekamp Kinderkerkhof in die suide van Johannesburg.

Vir meer inligting bel ds Jan Viljoen, na ure, by 012-651-4860 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .. Praat met die Voortrekkermonument se Lidia Hendriks by tel: 082-564-4840 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger