Die eerste vroulike burgemeester in Suid-Afrika
was ’n Pretorianer en ’n afstammeling van die
legendariese George Rex, die stigter van Knysna
wat volgens toeka se skindertonge Koning
George III se buite-egtelike seun was. In die
gees van vrouemaand fokus ons op Mabel
Malherbe, Pretoria se burgemeester van 1931-32.
Dis nie aldag dat ’n verpleegster
burgemeester
word nie. Veral nie in die
vroeë 1930’s nie. As dié verpleegster
dan ook nog die land se eerste
vrouetydskrif begin het en tot die
Parlement verkies is, moet jy weet
dat jy met iemand buitengewoon
veelsydig te doen het.
Die Pretorianer Mabel Catherine
Rex was 20 jaar oud toe die Anglo-
Boere-oorlog uitgebreek het. Sy het
dadelik by die Rooikruis aangesluit
waar sy Kenne N de Kock Malherbe
ontmoet het. Ná die oorlog het sy,
met die hulp van ’n mev Koopmans-
De Wet, na Nederland vertrek waar
sy vir drie jaar as ’n verpleegster
opgelei is by die Diakonessehuis in
Haarlem.
Met haar terugkeer in 1904 het
Mabel met Kenne getrou en haar
aan liefdadigheid in Pretoria begin
toewy. Sy het gou ’n prominente lid
van verskeie vroueverenigings
geword; en het op die uitvoerende
raad van die Suid-Afrikaanse
Vrouefederasie en die Nasionale Vroueparty gedien. As afgevaardigde
van die Suid-Afrikaanse Raad vir
Vroue, het sy die internasionale konferensie
van vrouerade in Genève
bygewoon.
Mabel Malherbe
Foto: Ancestry24.com
Boerevrou
Mabel het die Afrikaans-Hollandse
Leesunie gestig en in 1919, met die
aanmoediging van Eugène Marais,
begin sy die eerste Afrikaanse
vrouetydskrif, ‘Die Boerevrou’. Die
eerste uitgawe het in Maart 1919 in
Pretoria uitgekom onder eienares,
Mabel, se redakteurskap.
In 1920 het Miemie Rothman,
bekend as die skrywer M.E.R., vir
‘Die Boerevrou’ begin werk. Sy het
assistant-redakteur van die tydskrif
geword en het haar eerste kortverhale
hier gepubliseer.
Ander prominente bydraers was
Eugene Marais, FW Reitz, GR von
Wielligh, Jan Celliers, AG Visser,
F van den Heever (‘Toon’) en CM
van den Heever. Kunstenaars soos
Anton van Wouw, Pierneef en Erich
Mayer het ook bydraes gemaak en
daar was ’n argitektuur-afdeling,
gelewer deur Gerhard Moerdyk.
Die tydskrif het verskeie rubrieke
gehad en selfs kinder- en babaafdelings,
soos die een waar Sebastiaan
Valentein Vom Hagen, die
jongste seuntjie van mnr en mev S
Vom Hagen van Gezina, se foto in
1919 verskyn het. As Sebastiaan nog
lewe, behoort hy nou ongeveer 91
jaar oud te wees.
George Rex se graf
Foto: Knysna-holidays.com
Fokus
Tog was ‘Die Boerevrou’ nie die
tipiese vrouetydskrif wat ons vandag
ken nie. Mabel het baie klem
geplaas op nasionale sake wat die
Afrikaner-vrou geraak het. Daar was
ook ’n sterk geskiedkundige fokus
waar Mabel lig gewerp het op die
ontwikkeling en karaktertrekke van
die Afrikaner sedert die Groot Trek.
‘Die Boerevrou’ was ’n groot sukses
onder lesers en het kritici se goedkeuring
weggedra, maar die advertensies
was maar skraps. Mabel
wou net sekere soorte advertensies aanvaar en het ’n verbod geplaas op
enige iets wat drank of gepatenteerde
medisynes sou adverteer.
‘Die Boerevrou’ het finansieel al hoe
meer in die moeilikheid geraak en is
gedra deur Mabel se man, die regsgeleerde
Kenne Malherbe. Op die
ou einde het die skuld so groot geraak
dat Mabel in 1931 besluit het
om publikasie te staak.
?Die Boerevrou?, ?n maandelikse
vrouetydskrif wat in 1919
deur Mabel gestig is
Burgemeester
Dit was die jaar toe sy Suid-Afrika se
eerste vroulike burgemeester geword
het. Mabel het voor dit reeds
’n aktiewe rol in Pretoria se openbare
lewe gespeel en het vir altesaam
ses jaar op die stadsraad
gedien.
Sy het baie in politiek belanggestel
en was een van die stigters van die
vroue-afdeling van die Nasionale
Party in Transvaal. Terwyl Mabel op
die uitvoerende komitee was het sy
vir vroueregte in Suid-Afrika baklei.
In Junie 1933 het sy ’n lid van die
Transvaalse Provinsiale Raad geword
en was LP vir Wonderboom
van 1934-38. Dit het Mabel die
tweede vrou en die eerste Afrikaanssprekende
vrou wat tot die
Parlement verkies is, gemaak.
Daar is mense wat sê dat die politieke
uitblinkery iets is wat Mabel by
haar voorsate geërf het. Sy is ’n afstammeling
van George Rex, stigter
van Knysna wat volgens toeka se
skindertonge Koning George III se
buite-egtelike seun by Hannah Lightfoot
was. Volgens oorlewering is
George na Suid-Afrika verban en is
verbied om ooit te trou.
Wat het van Sebastiaan Valentein
Vom Hagen geword? In
1919 se ?Die Boerevrou? is hy
vir ?n kompetisie ingeskryf as
die jongste seuntjie van mnr
en mev S Vom Hagen van
Gezina
Foto: Ancestry24.com
Knysna
George is in 1765 in Brittanje gebore.
In 1804 het hy die plaas Melkhoutkraal
gekoop en eienaarskap
geneem van al die grond rondom
die Knysna strandmeer. Die inheemse
woude op dié grond het George
geïnspireer om in houthandel
betrokke te raak.
Dit was moeilik
om die hout met
ossewaens te
vervoer, en
George het
voorgestel dat
Knysna as hawe
gebruik word. In
1817 het die skip
Podargus daar
aangekom om
hout op te laai
en die bemanning
van die
Koninklike Vlootvaartuig
Emu het
’n veilige weg
deur Knysna se
gevaarlike seeingang
(the heads) gevind vir dié
skip.
In 1817 het Knysna ’n hawe geword
vir vloot en kommersiële skepe. In
1830 is die eerste skip wat in Knysna
met plaaslike stinkhout gebou is, te
water gelaat. ‘Die Knysna’ het 140
ton geweeg en aan George Rex
behoort.
George Rex se skip, die 127-ton ?Die Knysna?,
was die eerste skip wat in Knysna gebou is.
Foto: Knysna-holidays.com
Slavin
Al het George nooit hier getrou nie,
het hy 13 kinders gehad: vier kinders
by ’n vrygestelde slavin, Johanna
Rosina van der Caap, en nege
kinders by een van haar dogters by
’n vorige meester, Carolina Margaretha
Ungerer.
Die praatjies oor George se blou
bloed en wat Brittanje se koningshuis
oor sy Knysna-slavinne sou
dink, het langer as ’n eeu geloop.
Dit is eers in 2004 dat George se
gebrek aan koninklike bloed bevestig
is deur genetiese toetse op sy
nasate.
Of Mabel geglo het aan haar moontlike
koninklike herkoms, weet ons
nie. Miskien was dit omdat sy bewus
was van haar slawe-voorsate dat sy
in die politiek opgestaan het vir
vroueregte.
Mabel se rol in die Afrikaner-literatuur
is erken toe sy in 1953 ’n eredoktersgraad
in literatuur ontvang
het van die Universiteit
van Pretoria. Twee
saamgestelde bundels van
‘Die Boerevrou’ kan vandag
nog as Africana versamelstukke
in die hande gekry
word. ‘Die Boerevrou-boek’ is
in 1950 vrygestel en ‘Juwele
wat steeds bekoor’ in 1951.
Mabel is op 1 Februarie 1964
in Nelspruit oorlede.
George Rex se agterkleinkind, Sanni
Metelerkamp, het dié boek geskryf
|