Wie was werklik eerste? Print E-mail
News - Briewe
Friday, 24 September 2010 07:30
Untitled Document

Simon du Plooy van Potchefstroom skryf:
Die Bronberger artikel “Slawekind word land se eerste vroulike burgemeester” en wel vir die termyn 1931-1932 sal die Potchefstromers nie heeltemal mee saamstem nie.

GGSA - Noordwes se FAMNEA Jaargang 7 No 1 (Feb 2010) het ’n artikel deur Elmarie Weyers oor wie in die geweste beskou word as die “eerste”. Sy was Aletta Johanna Elizabeth Nel, gebore Rossouw, en volgens rekords opgediep deur Elmarie was sy vir drie termyne burgemeester: 1930-1931; 1936-1938 en weer 1948-1949.

Merkwaardig is dat haar eggenoot John Peter Nel ook burgemeester was in 1918-1920. Hy het blykbaar vir die Springbokke gespeel in 1903 maar inligting hieroor is ietwat teenstrydig.

Dit sal interessant wees om te weet wie van die twee formidable dames “eerste” was, formidabel omdat elkeen ’n baanbreker in eie reg was (in die stilligheid hoop ek hulle is saam “eerste”).

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger