Oppas vir afstandbeheer Print E-mail
News - Briewe
Friday, 24 September 2010 07:32
Untitled Document

AO Wynand van der Merwe van SAPD Boschkop skryf:
Hiermee wil ek net ’n waarskuwing aan die gemeenskap gee oor ’n nuwe skelmstreek wat kop uitsteek. Voertuie wat met ’n sentrale sluitsisteem werk word geteiken by winkelsentrums.

Wat gebeur is dat die kriminele voertuie dophou wat kom stop en wanneer die bestuurder die voertuig verlaat en die kar met die afstandbeheer sentrale sluitsisteem sluit, die kriminele ’n gewone hek- of motorhuis afstandbeheer gebruik en die knoppie druk.

Die frekwensie van die hek-of motorhuis afstandbeheer kanselleer dan die voertuig se afstandbeheer frekwensie uit en die voertuig sluit dan nie, waarna die persone sonder enige probleme items uit die voertuig steel of selfs die voertuig steel.

Die skelmstreek is getoets deur die Boschkop SAPD en daar is gevind dat dit werk. Lede van die publiek word aangeraai dat as hulle hul voertuie verlaat en sluit met ’n afstandbeheer, hulle by die voertuig staan en kyk dat die voertuig wel sluit voordat hulle wegstap.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger