Ons soek ons eie Bronbergers Print E-mail
News - Briewe
Friday, 24 September 2010 07:35
Untitled Document

Albie Laubscher van Villa Olympus skryf:
Ek skryf aan u as ’n direkteur van die Villa Olympus Huiseienaarsvereniging. Villa Olympus is ’n residensiële ontwikkeling neffens aan Die Werf in Olympusweg, Bronberg. Ons is net oor die Pretoria-grens in die Kungwini-distrik.

Is dit moontlik om Die Bronberger by ons kompleks te ontvang of hoe kan ek maak? Ek wil glo dat daar ’n paar inwoners is wat in u puik publikasie belang sal stel.

Baie dankie vir jou belangstelling in Die Bronberger.

Ons sal baie graag by julle wil aflewer, maar kan op die oomblik skaars voorbly by ons reeds bestaande afsetpunte.

Die aanvraag is net te groot. Ons beplan om eersdaags ons oplaag te vergroot en sal dan beslis só maak. Intussen is eksemplare maandeliks by Die Werf, Farm City en Olympus Pick n Pay, naby u beskikbaar.-Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger