Modderkoekies in die skoolvakansie Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 21 October 2010 06:19
Untitled Document

Ina du Preez van Zwavelpoort skryf:
Wat maak ’n mens met verveelde kinders as jy nie ’n swembad het nie en warm kry. Trek vir hul ou klere aan, gee vir hulle elk ’n emmer water en sê: “Gaan maak modderkoeke!”


Die vierjarige Monique, links, en sesjarige Megan

Eindresultaat, die foto spreek vanself. Ai, dis lekker om op ’n plot te bly. Baie geluk met jul agtste verjaardaguitgawe; weereens is elke woord verslind. Hoop julle volgende uitgawe gaan weer so lekker dik wees.

Dankie Ina, ons hoop ook so. Die dikte van Die Bronberger word deur advertensie-ondersteuning bepaal. En die advertensie-ondersteuning word grootliks bepaal deur die mate waarin ons lesers die adverteerders ondersteun.- Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger