Lesers se Kerswense Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 09 December 2010 22:45
Untitled Document

Dick Jacobs skryf:
Baie, baie liefde en baie dankie aan my vrou, Maureen Jacobs, wat al 14 jaar getroud is met my en so mooi kyk na ons, Dickie, Meigan en Shane, al die jare; deur goed en sleg, Die Here het jou spesiaal net vir my gestuur. Mag ons die lekkerste 2010 Kerstyd hê waar ons mag wees.

Met groot liefde van jou man, Dickie.

Ronel Smit skryf:
Ek stuur Kerswense vir my vriendin, Aletta Vermaak, wat geïmmigreer het na Australië. Aletta, ek weet jy gaan hierdie op Die Bronberger se webwerf lees. Hoop dis ’n verrassing vir jou en dat jy hierdie Kersfees vir daardie Aussies wys hoe ’n mens ’n behoorlike braai hou.

Dewald Botha skryf:
’n Baie geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar vir my vrou, Santie. Dankie vir alles. Ek is lief vir jou.

Susan Minnaar skryf:
Aan my ouma en oupa, Riekie en Stylie Vermeer. Julle lees hierdie blaaie met ’n vergrootglas en ek sal graag julle gesigte wil sien as julle op jul eie name afkom. Ek wil ouma en oupa ’n baie gelukkige en geseënde Kersfees toewens en alles wat goed is in die nuwe jaar.

Marti en Dries du Plessis skryf:
Vir almal wat ons ken en wat ons dalk nie persoonlik sal sien nie, wens ons ’n geseënde Kersfees en ’n gelukkige nuwe jaar.

Sus van Zwavelpoort skryf:
Van jou enigste Sus aan my dierbaarste Daan, mag jou Kerstyd vrede bring en die nuwe jaar die geluk en liefde wat ons altwee verdien.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger