Bronnie is ?'n puik blad Print
News - Briewe
Tuesday, 25 March 2014 11:48
Untitled Document

Caroline Griessel van die Pioniersmuseum skryf:
As gevolg van die posstaking het ek vanoggend eers die koevert oopgemaak met die Bronbergers waarin ons geadverteer het. Maggies maar dit is ‘n puik blad! En baie dankie vir die artikel van die Nuwejaarsfees, dit was nog eers ‘n bonus. 

Ek kan nie wag om met julle pragtige blad te spog by ons bestuur nie! Sal baie graag met ons bemarkingsafdeling wil onderhandel om weer by julle te adverteer.

Nadat die Klip Klap Mark verlede jaar opgehou het, het Rina Bester wat ‘n stalletjie op die Boeremark het, begin met Almal se Mark by Pioniers Kos Kuns Kultuur Kuier. Dis ‘n heerlike kuns, kos, kuier, antiekmark wat elke eerste Sondag van die maand plaasvind.  Ek gaan beslis ook vir haar ‘n aanbeveling maak om in Die Bronberger te adverteer. 

Brief verkort. – Red